top of page
Ina Groenewald

An interview with Makkerakkie Illustrations - and a stand a chance to win a lovely piece of Art


A friend in London called me a few months ago. "Please can I visit this artists who will be exhibiting at Tierlantynkies, and buy her something beautiful?" Said friend is a big art collector and she wanted to support this creative lady - Makkie was her junior in res years ago (how is this for supporting local!) .


And that is how I met Makkie (Maricke) and fell in love with her work.  It just touches something in my soul and creates happiness within. And on top of it all, just such a wonderful, fun, unique person (character), I could drink coffee with her all day long (she even served my chocolates and biscuits because she knew I had had a really crazy day and thought I needed them!).


Thank you so much Maricke for chatting to me and this lovely prize - Love your work!

Vertel ons bietjie meer van jouself, jou kinderdae en jou pad tot waar jy jouself nou bevind?

Die reuk van reën, gras, sade, kaalvoet, in die bosveld. Meeste van my dae: dagdromend, singend in die veld of singend in die huis. Gereeld saam broers en neefs op n boshuisie-bou missie of sokker op die grasperk. Ons kinderdae was geanker in ons speelkamer.


'n Vertrek in die huis waar allerande kuns materiale en speelgoed  gereed gestaan het vir enige ding, met n tafeltennisbord in die middel. Hier het allerande idees uitgebroei tussen die ses van ons kinders, neefs inkluis (eks die jongste van vier) en die avonture kan boeke vul.


Met ouers wat lief is vir reis, is dit die eerste ding wat ek doen na skool. Ek plak klomp papiere aan een sy bymekaar en noem dit n boek. Die verdriedubbel in breedte, van sketse, verknipte fotos en al my ervaringe, en my drome vir my lewe, oor 9 maande se toer, werk en oorleef in Europa. Ek kom huistoe met gekoekte hare en n hart vol verwondering vir die oneindigheid van die wêreld.


Toe begin ek Beeldende Kunste studeer by Tukkies. In my kursus en in koshuis maak ek die beste maatjies van my lewe. En skielik vang ons graad en die lewe is veronderstel om te begin. Maar hoe moet dit nou eintlik begin? So begin ek toe 'n kralewinkel saam met my broer. Hy sit alles in, ek moet dit net bestuur en so my deel verdien. Dit hou my besig vir 7 jaar en leer my van besigheid hou en bou, en kraletjie werk.


Toe word dit tyd om te doen wat ek moet doen. Verkoop die winkel. Kuns!

Makkerrakkie?

…was n sweetvrye naam om te gebruik omdat dit reeds my epos adres was toe ek my eerste inskrywing na Kamers vol Geskenke toe gestuur in 2014. Dit is sulke platforms soos Kamers en Tierlantynkies wat jou eie kreatiewe besigheid 'n platform gee. Ek sou nie naastenby soveel kliente en selfvertroue bymekaar kon maak sonder hulle nie. Ek sou heelwarskynlik al opgegee het.


Dit is baie braaf om jou eie besigheid te begin, veral as dit afhang daarvan om die heeltyd met nuwe werke vorendag te kom.  Wat het jou die besluit laat neem en hoe hou jy jouself positief in daai dae waar die inspirasie net nie wil kom nie?


Hahaha. Wat braaf lyk van buite, is maar net noodsaaklikheid van binne. Dit help. Dit help ook om te luister na wat ek wil doen, en nie wat ander mense wil hê nie. My draaipunt was die begeerte om iets uniek in die wêreld in te bring, om 'n doel te dien wat eie is aan my.


Buitendien is ek versot op die oomblik wanneer die emosie wat ek probeer uitdruk in pen en ink uiteindelik werk. En jy sal weet, want ek sal giggel of een of ander klank van genot uit my buik laat glip wanneer daai gesiggie “lewendig” word.


Inspirasie. Die inspirasie is daar sodra ek gaan sit om te teken of te druk. Dis om te gaan sit wat die harde werk is. So as ek sukkel gaan werk ek by Mimi van der Merwe se studio. Dis waar ek my etse druk. Mimi is dan ook daar en dan werk ons lekker saam en apart soos in my “speelkamer” dae.

Vat ons bietjie deur jou kreatiewe proses, vandat die idee by jou posvat, tot die finale produk.

Dit kom gewoonlik van 'n gebeurtenis, 'n begeerte of iemand se kind wat iets op n manier doen.. Dan speel daar n storie in my kop af en dan is dit teken teken, blaps blaps, nuwe idee, okei fokus weer.. eureka!

Dan afteken op metaal plaat. En dan weer teken met droë naald. Toetsdruk. Poets met braso, en “fine-tune” n paar lyne, Toets druk totdat al die lyne reg is vir my. Dan hoeveel van die plaat om weg te sny sodat dit prakties bymekaar sal bly, maar tog visueel reg sal vertoon. Toets druk, knip en poets, toetsdruk. Tevrede!

Sit n stukkie fancy papier in die water soos Fabriano. Ook 'n lekker oomblik. Want op die katoen papier lyk alles ryker en dieper. En dan is daar 'n nuwe kunswerk!

Vertel ons meer van jou karakter wat ons deurlopend deur al jou werke sien.

Kleine Mart. Sy arriver in my lewe in 2009 Ek was besig om met akriel op bord te verf.  Patrone, tekstiel en muurpapier patrone, maar ek wou nie uit 'n boek kopiëer nie ek wou my eie onwerp met spitsvondige elemente maak.

So begin ek met strepies, en stoele en toe begin daar mannetjies aan die stoele hang wat opstyg in die lug. So arriveer die idee van  karaktertjies in my kop, en die interaktiewe aspek wat hulle na die kunswerk toe bring, was vir my opwindend en lig.  


‘n Vriend het my n storie vertel, of dit sy eie was of ‘n oorvertelde een weet ek nie; van n mammatjie of 'n sussetjie, kom ons sê 'n sussetjie, met die naam Mart. Mart het altyd vir haar boeties sulke heerlike kos gemaak. En haar geheime bestandeel was hoog in n blik gebêre. So is sy op n tyd nie daar nie, en die kindertjies wil vir hulself ook sulke lekker kos maak. Maar dit wil net nie reg kom nie, Een sê toe maar Mart haal altyd iets uit daai blik uit wat so hoog gebêre is.

Toe is dit nou n groot  gedoente om die blik op die hoogste rak by te kom want al hierdie kindertjies is taamlik klein en die rak redelik hoog. Uiteindelik bygekom, voel hulle maar hierdie blik is feitlik leeg. En toe dit oopgemaak word is al wat binne lê, n papiertjie waarop daar geskrywe staan: “net n bietjie liefde”.


Ek was dol oor die storie, en die eenvoud waarop dit eindig. So op die volgende bord word die strepies die binnekant van n kombuis met n koddige stofie en fyn kantgordyntjie, klomp blikke op die vloer en een spesiale blik op die rak daar bo. By n hout tafel sit n dogtertjie wat stil en tevrede koekies uitdruk.


​En so manivesteer Mart toe haarself in akriel verf. Dis juis toe ek 'n klein portret van haar verf, ewe gevoude arms en selfvoldaan, dat daar skielik n cheeky meisietjie na my toe terug kyk (en ek my eerste gilletjie van genot gegee het) dat  ek geboei was om nog emosies en situasies uit te beeld op hierdie manier.  En so word sy al hoe meer deel van my en ek deel van haar. Dis toe dit by die briewe boom kom en  sy n briefie afpluk dat sy my persoonlike storie begin raak het. 

Is daar enige kunstenaars wat jou ge-inspireer het om self ‘n een te word en wie inspireer jou nou?

Ja my Ma. Al maak sy nie n beroep daarvan nie. Sy's incredible. En Jane Knight my kuns juffrou op hoërskool. Deur haar passie, het ek nog liewer vir kuns geraak, tot op die punt wat dit net van selfsprekend was dat ek 'n kunstenares is.


Op Universitetit terwyl ek veronderstel was om ernstige kuns te maak, het ek op Abner Dean se werk afgekom. Die krag van kommunikeer met karrakters op n 'Cartoon' manier het my meer geraak as meeste wat ons toe bestudeer het.  


Reflekteer jou persoonlikheid in jou werke?

Ja.


Grootste teleurstelling in jou loopbaan tot dusver?

Toe ek moed verloor het.


​Hoogtepunt?

Hierdie onderhoud.


Grootste lesse geleer en raad aan aspirerende kunstenaars/ mense wat hulle eie besigheid wil begin?

Moenie dit nie doen nie. Dis TE lekker en vreesaanjaend op die selfde tyd.


Wat is jou gunsteling kunswerk?  En op watter een is jy die trotste? Hoekom?

Elke nuwe een is my gunsteling


Maak jy kunswerke op kommissie?  

Ek maak kunswerke op kommissie. En ek Illustreer ook boeke.


Waar kan mense jou ontmoet en jou werke sien en koop?

Ek gaan uitstal by Tierlantynkies 27 September tot 2 Oktober 2017. Tans is my werk ook beskikbaar by Golden Goose Artisry in Southdowns Shopping Centre, asook by The Bub Hub & co. in The Village, Moreletta, Pretoria en The Bub Hub & co. in Broadacres Johannesburg.


Hoe kan iemand kontak maak met jou?

Hulle kan my epos, wat hulle kan kry op my Facebook Page: Makkerrakkie Illustrations

Win your own piece of Makkerakkie Art - Brute Strength - worth R 1 800




To Enter:

1. Like Makkerakkie Illustrations on Facebook below. 2. Like Plan Me Pretty on Facebook below.  3. Tell us in the comments below that you have liked both pages, and where in your house this lovely piece of art will go up!

Terms & Conditions: - This prize is not convetarble to cash. - Competition closes Friday, 28 July at midnight. - The judges decision is final. - Anyone is South Africa can enter. - The prize will be couriered to you, however, should any damage be done during the journey, we will not take responsibility to replace the frame.   - You are more than welcome to collect the prize or arrange your own courier if you prefer.  

2 views0 comments

Comments


bottom of page